Gebed-Simfonie is 'n boek met aangrypende verhale van gebedsvorhorings soos vertel deur Elreza Mulder, bekende omroeper van Radiokansel, TWR, Radio Tygerberg en RSG. Die groot passie in haar lewe is Jesus Christus en ook om vir sendelinge te bid, veral na haar radikale bekering as 'n rebelse predikantsdogter na 'n ongeluk.
Hierdie Verhale inspireer gewonde mense om God vas te gryp en te beleef hoe krisisse in oorwinning omskep word deur volhardende gebed!