INSPIRERENDE VOORBEELDE van UITMUNTENDHEID uit die SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS

Herdenk Suid-Afrika se Erfenis

Die PDF boek Sketse uit die Suid-Afrikaanse Geskiedenis (een van die hulpbronne in die Suid-Afrikaanse Geskiedenis MP3) verteenwoordig ‘n fassinerende tapisserie van onvergeetlike karakters, dramatiese gebeure en manjifieke mylpale in die ontwikkeling van hierdie uitsonderlike land, Suid-Afrika.

Opvallende Stories

Sketse gee ‘n bekoorlike kaleidoskoop van karakters, oortuiging en moed.  Asook uitsonderlike heldedade en ongelooflike prestasies, ten spyte van afskrikwekkende gevare en uitdagings.

Draaipunte in Geskiedenis

Beslissende gevegte wat die rigting van Suid-Afrika se geskiedenis bepaal het – soos onder andere Vegkop, Bloedrivier, Majuba, Isandlwana en Rorke’s Drif.

Landmerke en Historiese Dorpe

Prominente monumente soos die eerste monument aan vroue wat nog ooit opgerig is in die hele wêreld, die Vrouemonument in Bloemfontein.  Die inspirerende en manjifieke Voortrekker Monument en baie ander kom voor in Sketse uit die Suid-Afrikaanse Geskiedenis PDF boek.

‘n Geskiedkundige van Afrika

Die outeur, dr. Peter Hammond, is ‘n sendeling wat baanbrekerwerk verrig ten opsigte van evangelisasie uitreike regdeur Afrika en Europa, insluitende Mosambiek, Angola en Sudan, waar hy skole, klinieke en kerke stig.  Vir die afgelope 36 jaar het hy 36 lande, oor 4 kontinente, besoek.  Dr. Hammond is die stigter van Frontline Fellowshipo, Africa Christian Action, die Reformation Society, Livingstone Fellowship en William Carey Bible Insitute.  Hy het al ‘n hele klomp geskiedenis hulpbronne vervaardig, insluitende: The Greatest Century of Missions, The Greatest Century of Reformation, Victorious Christians - Who Changed the World, A Christian History of Africa, Church History Manual, en Faith Under Fire in Sudan. Die South African History Audio and Data MP3 Boxset en Suid-Afrikaanse Geskiedenis Oudio en Data MP3 Boksstel.