Hulpbron vir Dissipelskap en Hervorming

DIE TIEN GEBOOIE – God se Volmaakte Wet van Vryheid

“Daar was nog nooit van tevore, in die Kerk se geskiedenis, so ‘n groot behoefte om terug te keer na die  basiese beginsels van Bybelse evangelisasie nie. Ons kerke is gevul met vals bekeerlinge, oor ons eenvoudig opgehou het om te doen wat Jesus gedoen het om uit te reik na die verlorenes. Die siekte moet gediagnoseer word voordat die kuur aan die pasiënt geoffer word.  Indien nie, sal dit verstaanbaar nooit gewaardeer of toegeëien word nie.  Ek dank God vir my vriend Peter Hammond en bid dat God se seën op sy boek Die Tien Gebooie – God se Volmaakte Wet van Vryheid, sal wees.” Ray Comfort, Way of the Master

 

“Aan diegene wie sal argumenteer dat God nie bestaan nie – lees hierdie boek.  Elke bladsy sal nie net openbaar dat God bestaan nie, maar ook dat Hy jou beter ken as jy self.  Kan ‘n enkele boek ‘n persoon verander, asook ‘n hele nasie?  Hierdie boek kan!!”

Todd Friel, Gasheer, Wretched Radio en TV

 

“God Drie-enig is dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid. Omdat God heilig is, bly Sy wette steeds van krag, van geslag tot geslag. Hierdie boek oor die Tien Gebooie behoort in die hande te wees van elke ware gelowige. Die Tien Gebooie is vandag steeds van toepassing in ons land en die wêreld soos voorheen. Die wette van God het gladnie verander nie. Soms wil ons, as gevolg van ‘n skuldige gewete, nie na die Tien Gebooie luister nie. Die Tien Gebooie spreek my politiese, sosiale, ekonomiese en godsdienstige lewensterreine aan. Natuurlik is ons nie onder die Wet nie, maar moord bly moord en God se Tien Gebooie verbied ons om moord te pleeg. Predikante behoort die Tien Gebooie by elke moontike geleentheid tydens eredienste aan die gemeente voor te hou, omdat gehoorsaamheid aan die Tien Gebooie ons respek vir God, vir ander en vir eiendom reflekteer. Ons volg die Tien Gebooie nie omdat ons moet nie, nie uit dwang nie, maar omdat ons die Here liefhet met ons hele hart, siel en gees.”

prof. Shai Mulder, Back to the Bible Sending

 Die Tien Gebooie – God se Volmaakte Wet van Vryheid is ‘n Dissipelskap en Hervormings hulpbron van onskatbare waarde.

 Dr. Martin Luther het gesê: “die eerste plig van die Evangelie preker is om God se Wet te verklaar en om die natuur van die sonde uit te wys.”

 Die Puriteinse skrywer van Pilgrim’s Progress, John Bunyan, het gesê: “Die man wat nie die natuur van die Wet ken nie, kan ook nie die natuur van die sonde ken nie.”

 Charles Spurgeon het verklaar: “Hulle sal nooit genade aanvaar tensy hulle bewe voor ‘n regverdige en Heilige Wet nie.”

 “Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.” Galásiërs 3:24

 

Die Tien Gebooie – God se Volmaakte Wet van Vryheid identifiseer die kontemporêre afgode van verwoesting en wys duidelik, stap vir stap, hoe ons eers kan soek vir die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, deur die heerskappy van Jesus Christus toe te pas in alle areas van die lewens.

 “Die Wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.” Psalm 19:8

 DIE TIEN GEBOOIE – God se Perfekte Wet van Vryheid is ‘n 96 bladsy boek, met 13 prente, en is beskikbaar in Suid-Afrika vanaf Christian Liberty Books vir slegs R60 elk (posgeld uitgesluit). 

 

Om meer te sien oor die oorspronklike Engelse weergawe, The Ten Commandments – God’s Perfect Law of Liberty, klik hier.

 

Verkry albei boeke hier, deur ons webtuiste, of kontak ons:

 

Christian Liberty Books

Hulpbronne vir Hervorming en Herlewing

Tel: 021 689 7478 Faks: 086 551 7490

admin@christianlibertybooks.co.za

www.christianlibertybooks.co.za

 

View our In-House catalogues here: