DIE EVOLUSIE ILLUSIE

Pieter Pelser is al vir 50 jaar besig om die evolusieleer in die lig van die Bybel te ondersoek.  In hierdie boek ontbloot hy in maklik verstaanbare taal wat die evolusieleer eintlik behels.  In die voorwoord tot die boek som hy situasie in ons land soos volg op: "Vir my is dit asof evolusie die afgelope paar jaar met 'n toenemende passie verkondig word — wat sy ware karakter, dat evolusie hom eintlik as 'n godsdiens wat op die sekerhede van die wetenskap gebou is, verraai.  Die teoloë van ons dag, daarteenoor, sny hul al hoe meer van hul Bybelse ankers los, en hang, sonder die besef wat hulle prysgee, dieselfde evolusiegeloof aan as wetenskaplikes van daardie oortuiging."