Categories
Home Education

To view the Bob Jones website click here

To view Christian Liberty Press Home-Schooling Resources,
click here to view their website.

To view our in-house Home Education resources, please click here.

To order please contact:
CHRISTIAN LIBERTY BOOKS

 

 

BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA

2016-05-26
BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
Nou ook beskikbaar as ‘n E-Boek

 Ons wil graag ‘n Afrikaanse E-Pos adres lys begin.  Interessante Afrikaanse artikels en hulpbron besonderhede sal aan hierdie lys bestuur word.

Stuur asseblief ‘n E-pos aan info@christianaction.org.za as u graag ook deel van hierdie lys wil wees.

 

 ‘n Uitdaging
‘n Klompie jare gelede het dr. Peter Hammond met Generaal Godfrey Miyanda in Lusaka, Zambië ontmoet.  Generaal Miyanda was ook ‘n gevangene in Lusaka Sentrale Gevangenes, onder die Kaunda regime.  Generaal Miyanda het later as Vise President, en Minister van Onderwys, gedien.  Dr. Hammond het tydens hierdie dienstydperk aan Miyanda ‘n stapel boeke, van hoë Christelike kwaliteit, as geskenk gegee.  Miyanda het na die hoop boeke gekyk, gesug en gevra: “Het u nie dalk ‘n klein boek nie?  Een wat al hierdie boeke opsom?”
 
‘n Kragtige Dissipelskap Hulpbron
Dit was in reaksie op hierdie uitdaging dat die Engelse Biblical Principles for Africa boek geskryf en gepubliseer was.  Dit verteenwoordig meer as drie dekades van studie, Christelike bediening, skryfwerk, en Bybelse Wêreldbeskouing Summits regoor Afrika.  Hierdie kompakte boek is ook in Afrikaans oorvertaal en bestaan uit 104 bladsye en is ontwerp om ‘n kragtige dissipelskap hulpbron te wees – vir regeringsamptenare, besigheidsmense, pastore, onderwysers, joernaliste en Afrika burgers.
 
Een van Ons Mees Aangevraede Boeke
Bybelse Beginsels vir Afrika is nie net in Afrikaans beskikbaar nie – dit is ook oorvertaal in Frans.  Hierdie boek is prakties en ook gevul met beproefde Bybelse oplossings vir Afrika se dringendste probleme.  Dit handel oor die ekonomie en onderwys, misdaad en straf, etiek en vermaak, die familie en vrye onderneming, politiek en armoede, God en die regering.
 
Klik hier om die boek se omslag, Inhoudsopgawe en een van die hoofstukke, van die E-Boek, te besigtig.  Die E-Boek kan aanlyn bestel word.

Onderskrywings
Bybelse Beginsels vir Afrika is ‘n wonderlike handlyding en dit is noodsaaklik om hierdie boek in die hande van al ons mense te kry.  Ons benodig Godvresende mans en vroue in ons regering.” Mev. Cheryllyn Dudley, LP
   
Bybelse Beginsels vir Afrika is ‘n uitdaging vir die huidige aanvaarding van ‘n waardestelsel wat vervreemd is van die Bybel.  Dr. Peter Hammond se vinnige-vuur benadering van ‘n groot verskeidenheid van kwessies moet ten minste redenasie en bespreking lok tussen diegene wat hierdie waardevolle boek lees.” Biskop Frank Retief, Voorsittende Biskop, Kerk van Engeland in Suid-Afrika

“Hierdie omvattende en tog bondige boek… is ‘n seëning en moet deur almal, wat ware vrede en vordering in ons land soek, bestudeer word.  Dit is ‘n padkaart vir sukses in Suid-Afrika, asook in Afrika.” eerw. Kent Durr, PL, Vorige Ambassadeur en hoë Kommissaris vir Suid-Afrika aan die Hof van St. James, Londen
 
“Dr. Peter Hammond moet geluk gewens word vir die skryf van hierdie meesterstuk, deur alle Christene wat glo in Bybelse waarhede.  Sy direkte benadering om ernstige situasies, wat ons nasies in die oë staar, te konfronteer, is bewonderenswaardig… Vir diegene wat deel wil wees van die oplossing, is hierdie boek ‘n moet.  Dit sal hulle toerus met die nodige Bybelse beginsels vir kontemporêre probleme.” eerw. Dr. Kenneth Meshoe, PL, President van die African Christian Democratic Party
 
Bybelse Beginsels vir Afrika is ‘n handleiding op die pad van seëninge vir individue, nasies, Afrika en die wêreld.  Die outeur, dr. Peter Hammond, skryf nie oor teorieë wat van geen aardse gebruik is nie.  Hy werk al meer as twintig jaar tussen Afrika nasies en het die kulture, probleme en sondes waargeneem wat miljoene lewens vernietig.  Ek raai aan dat u hierdie boek bestudeer, dit aanstuur na familie en vriende, en selfs as geskenk gee aan staatsamptenare in u area.  As mense in Afrika begin om die beginsels te beoefen wat in Bybelse Beginsels vir Afrika gevind word, sal ons dan waarlik kan bid ‘'Nkosi Sikelela iAfrica'.” Geneem vanuit die Voorwoord deur eerw. Erlo Stegen, Direkteur van KwaSizabantu Sending
 
Om die E-Boek weergawe van Bybelse Beginsels vir Afrika te bestel, klik hier.
 
Hardekopieë van die boek, in Engels, Afrikaans en Frans, is beskikbaar vanaf:
Christian Liberty Books
Tel.: 021-689-7478
Faks: 086-551-7490
admin@christianlibertybooks.co.za
www.christianlibertybooks.co.za
    
Ander Frontline E-Boeke sluit in:
Practical Discipleship – Bold and Biblical Faith in Action
The Power of Prayer Handbook
Reforming Our Families
Answering Skeptics
Victorious Christians – Who Changed the World
The Apostles Creed
The Ten Commandments - God's Perfect Law of Liberty
Character Assassins
Discipleship Handbook
Slavery, Terrorism and Islam
Faith Under Fire In Sudan
The Authority of Christ and the First Day Sabbath
Putting Feet To Your Faith
The Pink Agenda
Discipleship Box Set
South Africa – Renaissance or Reformation?



Copyright © www.christianlibertybooks.co.za . All Rights Reserved.